Oor die jare het Clarens Gemeente se identiteit baie sterk rondom Woordbediening ontwikkel. Uit die aard van die saak speel Woordbediening tydens die erediens ‘n deurslaggewende rol. Ons glo egter dat die Woord nie nét deur ‘n preek van ‘n leraar in die erediens aan die orde kom nie, maar ook op verskeie ander maniere. Die liedere wat ons sing, gebede wat ons bid, getuienis wat gedeel word en gesprekke wat ons voer in en rondom die erediens word gebaseer op die Woord van God. Ons kies ook soms om meditatief en nadenkend met die Woord om te gaan. Die deurlopende goue draad in ons gemeente is dat ons altyd soek na Skrifgetrouheid. So het daar ‘n kultuur van Bybelstudie oor die jare ontwikkel, en aanvullend daartoe die aanbieding van die Veritas kursus wat enigeen in staat stel om sinvol met die Woord om te gaan. Op hierdie bladsy is daar dagstukkies, opnames van boodskappe en “Huiskerke” wat oor die afgelope jaar of twee in die bediening gebruik is. Ons wil graag mettertyd ook opnames van boodskappe en Woordbediening hier plaas sodat hierdie blad ‘n lekker rusplek kan word as jy nodig het om by die Woord stil te staan.
BOODSKAPPE
Pad Vorentoe
Liewe vriende, Vandag is dit al die derde Sondag van 2021. Ons kan steeds nie bymekaar wees vir ‘n erediens nie, so ons deel weer ‘n Huiskerk met jou. Hierdie Sondag het ons ‘n baie spesiale aanbiddingservaring, Grietjie kuier saam met Jolene en Skollie in...
Vandag is die eerste Sondag van 2021
Alhoewel ons nie in staat is om bymekaar te wees vir ‘n erediens nie, deel ons graag weer ‘n Huiskerk met ons gemeente. Hierdie Sondag se weergawe bied nie net ‘n boodskap nie. Daar is lof en aanbiddingsliedere, ‘n spesiale eerste uitgawe van “Kindertyd” vir ons...
Oujaar is op ons
Met die Oujaar op ons, wil ons graag vir jou en/of julle as gesin ‘n geleentheid gee om stil te word voor die Here. Ons kan vanjaar nie ‘n Oujaars byeenkoms hou nie, daarom bied ons graag ‘n HUISKERK wat op die selfoon of rekenaar gekyk en/of geluister kan word. Wees...
DAGSTUKKIES
As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard.
“As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard. Met ’n gewone resies is die prys vir die wenner klein, maar in die resies van hierdie lewe is die prys vir die wenner baie groot en dit hou vir altyd. Daarom haal ek alles uit en speel die spel van hierdie lewe so goed...
Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn.
Matteus 5:16 DB “Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn. Ander mense moet uit julle woorde en dade sien dat julle God van harte dien. Dan sal hulle sê dat God regtig ’n groot en goeie God is. So word julle hemelse Vader se Naam regtig...
Om te LEEF met OORGAWE
1 Timoteus 6:12 “Toe jy ’n gelowige geword het, was dit nie net maanskyn en rose nie, maar jy het ’n vyand, Satan, gekry om teen te veg. Veg daardie geveg voluit deur naby aan God te bly, want dan sal jy ook vir ewig saam met Hom leef. God het jou geroep om dit te...
Gees-draers
“Die apostels het groot wonderwerke onder hulle gedoen. Al die gelowiges het groot eerbied vir God gehad. Hulle liefde vir Hom en vir mekaar het hulle in ’n hegte eenheid saamgesnoer. Daarom was hulle bereid om selfs hulle besittings met mekaar te deel. Hulle het...
Gees-gedra
Jesaja 63:8-9 “Die Here het gesê: Hulle is tog my eie volk. Hulle is my kinders wat My nie sal bedrieg nie. Hy het hulle bevry uit hulle nood. Hy self het hulle verlos. Omdat Hy vir hulle lief was en hulle jammer gekry het, het Hy hulle gered. Hy het hulle nog altyd...
Psalm 8 – Perspektief – Lees die Psalm rustig deur
“Here, ons Here, hoe groot is U nie; U word oor die hele aarde geprys! Alles wat U in die hemelruim gemaak het, vertel hoe groot U regtig is. Uit die blou lug klink simfonieklanke wat aan U lof bring. Deur swak en klein mensies word u groot krag hier op aarde...
Aanbidding, geloof
As mense het ons aanbidding, geloof en om ingeskakel te te wees op God se golflengte, desperaat nodig. Ons moet daagliks herinner word dat Hy ons grootste behoefte is. Die “Ons Vader” is vir ons gegee om hierdie behoefte te vervul. Ons Vader... Laat U Koninkryk kom...
Aan U behoort die Koninkryk
Want aan U behoort die Koninkryk, en die krag en die heerlikheid, tot in alle ewigheid. Amen Ons Gemeente Vandag sê ons dankie. Dankbaarheid is eintlik die sleutel tot ‘n vervulde geestelike lewe. Dit is die basiese beginsel waarop jou geestelike lewe berus. Luister...
Verlos ons van die Bose
Here, ek weet die bose wil my vernietig.Ek weet ook dat deur die bloed van Jesus ek die bose kan weerstaan en dit sal van my wegvlug. (Jak 4:7)Gee my die insig en onderskeiding om te weet wanneer die Bose in my lewe werksaam is.Herinner my dan dat die bose oorwin is...
Vergeef ons ons oortredings
“en vergeef ons ons oortredings (gister) ... soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; Here, ek vergewe hulle wat my beledig het en teen my gesondig het, want U vergewe my wavrag sonde.Ek vergewe dié wat my seergemaak het en teen my gedraai het - ek gee my...