CLARENS HERMITAGE
Ons gemeente is die tuiste van hierdie geestelike pelgrimstog. Weggesteek in weergalose sandsteenformasies en golwende grasvlaktes lê die “juweel van die Oos-Vrystaat, die dorp Clarens. Hierdie asemrowende natuurskoon, kleindorpse rustigheid en amper heilige stilte is die tuiste van die Clarens Hermitage/Toevlug. ‘n Vier dae ervaring van diep stilword voor die Here, pelgrim-staptogte in die omgewing, en heerlike belewenisse van die plaaslike gasvryheid, kultuur, kuns, lekker eet en kuier.
Die ervaring is gebore uit die woorde van Psalm 34:8(9): “Open your mouth and taste, open your eyes and see how good God is. Blessed are you who run to him.” (MSG) Dit is bedoel vir enigeen wat in verhouding met God staan, en leiding neem in huis, bediening of die lewe.
Die Hermitage/Toevlug is gemik op geestelike vernuwing, diep ervarings van God se teenwoordigheid, deurdrenking met die Heilige Gees, innerlike genesing en herstel en heroriëntering van lewensroeping en gestuurdheid.
Webskakel