HULPVERLENING

Dit is vir ons as gemeente belangrik om ook ‘n baken van hoop te wees vir mense wat deur krisis, nood of trauma gaan. Hierdie bediening fokus meer op mense se materiële nood in krisis. Ons maak voorsiening daarvoor om hulp te verleen soos omstandghede voordoen. Vir dag-tot-dag versorging en voedselhulp is daar die Kosmandjie bediening.

Kontak: ds Jan Venter – ‭082 333-6552‬

Kosmandjie

Nood verligting uit ons Clarens gemeente

Die afgelope jaar en ‘n half  het ons die behoefte raakgesien, gehoor en beleef dat mense werklik in nood was.  Daar het intussen van 2 enkel persone na 10 persone aan die werk gespring. ‘n Maandelikse kosmandjie is op die been gebring.
Beplanning vir die nood was baie nodig sodat ons voedsame versorging uitdeel in plaas van die luukse. Uiteindelik is besluit om die basiese stysels protiëne en ekstra’s by te voeg in elke sak vir oorlewing.
Ons is oorlaai deur hulp uit ons Clarens gemeente en donasies. Boere ondersteun ons met wat beskikbaar is op hul plase.
Die vreugde wat hieruit voortspruit, loop hand-aan-hand met dankbaarheid en nederigheid wat ons ondervind.
Wie gee, gee om en daarom kan ons getuig van ‘n liefdevolle Vaderhart wat ons wysheid gee wanneer ons pakkies opgedeel moet word.
Kosmandjie sakke is bedoel vir enige persoon in ons gemeenskap, soms ook reisigers wat deur ons dorp gaan.
Een keer per maand deel ons groot mates op, verpak dit en vul ons voorraad aan.
Spontane kuier, gesels en lekker saamwerk maak die aksie ‘n wonderlike ervaring.
Kontak asseblief die Kosmandjie indien U weet van iemand of persone in nood.

Bedieningsleier: Marna du Toit – 081 039 4185

Sameroeper: Jan Venter – 082 333 6552