“Die apostels het groot wonderwerke onder hulle gedoen. Al die gelowiges het groot eerbied vir God gehad. Hulle liefde vir Hom en vir mekaar het hulle in ’n hegte eenheid saamgesnoer. Daarom was hulle bereid om selfs hulle besittings met mekaar te deel. Hulle het alles verkoop wat hulle besit het en die geld vir die armes gegee. Dag-na-dag het hulle ook na die tempel toe gegaan om God daar te aanbid. Hulle het ook by verskillende huise saamgeëet. Hierdie maaltye was glad nie uitspattig nie. Al die gelowiges was vol vreugde. Hulle het God heeltyd geprys omdat Hy so groot en goed is. Die gelowiges se lewenstyl het die ander mense in Jerusalem aangegryp. Almal het daaroor gepraat. Daarom het daar elke dag baie mense tot geloof in Christus gekom.” Handelinge 2:43-47 DB
Hierdie kragtige beeld deur die Noorweegse beeldhouer Frederik Raddum se titel is Trans ī Ré. Dit beteken verander (oorgang of transformasie.)
Uit een perspektief het ons gister nagedink hoe ons deur die Gees van God, soms deur diep waters van wanhoop, gedra word.
Maar. Die Gees ver-ander my en jou ook. Ons word ver-ander, vir-ander. Die Gees gee ons, swakkerige onwilliges wat ons is, vlerke. Om soos hierdie beeld voorstel, ander te dra. Dis die prentjie wat Handelinge skets van die eerste gelowiges.
Gaan jy die Gees toelaat om jou te vir-ander?
Gebed
Here, vir-ander my!





0 Comments