KINDERS EN JEUG
Ons gemeente het ‘n klein, maar groeiende gemeenskap ouers met jong kinders. Ons bied op ‘n Sondag ‘n byeenkoms vir kleuters (die Wikkelwurms) en kategese vir juniors en tieners. Met die kleiner jeuggroep kan ons maklik lekker goed saamdoen!
Wikkelwurms
‘n Groep vir die woelige kleineres van 3-6 jaar. Ouers woon die erediens by en dan neem een van ons leiers die kinders vir die byeenkoms. Die ouers kry weer hulle kinders na die erediens by die kerkgebou.
Bedieningsleier: Suhanri Nagy – 073 204 3867
Die Juniors
Ons kinders van Gr 1-3 en Gr 4-6 het elkeen hulle eie groepie. Die byeenkoms is net na die erediens to ongeveer 11:30. Kinders kom na die diens voor in die kerkgebou bymekaar en ouers kry hul kinders weer by die kerkgebou.
Bedieningsleier: Milna Blignaut (Gr 1-3) – 083 256 9116 en Simone Koert (Gr 4-6) – 074 454 3786
Gr 7 groep
Hierdie spannetjie kom ook na die erediens bymekaar saam met die juniors, maar kuier in hulle eie groepie saam. Die byeenkoms is net na die erediens to ongeveer 11:30. Kinders kom na die diens voor in die kerkgebou bymekaar en ouers kry hul kinders weer by die kerkgebou.
Bedieningsleier: Willem Blignaut – 060 412 2115
Die Tieners
Ons jongmense se groep is op ‘n Sondag middag saam met ds Jan. Daar is ‘n jaarprogram met die byeenkomste se datums. Ons ontmoet om 16:30 by die Pastorie.
Bedieningsleier: Ds Jan Venter – 082 333 6552