Kerkgebou

Hoofstraat 225, Clarens

Getsemane

Die ontwikkeling van die kerkterrein was groot werk. Dit het begin met ploeg en eg om die klippe te verwyder, toe volg draadspan rondom die terrein. Op voorstel van JS de Leeuw en HL Cilliers is sederboompies langs die draad by die kerk geplant wat vandag steeds 2020 die sypad voor die kerk versier.  ’n Verfraaiingskomitee is in 1946  gestig wat na die kerkgrond moes omsien.  Die komitee het uit verteenwoordigers van die kerkraad,  munisipaliteit, die OVV en die Boere-vereniging bestaan.