Kom kyk binne ons kerk

Die Möller Pyporrel

Ds. Loubser het die nodige inligting ingewin vir ‘n nuwe kerkorrel. Hy het voorgestel dat die horlosie se fondse op die orrel gespandeer word. Om die Möller-pyporrel te vergroot sou £1 080 gekos, waarborg ingesluit. Die orrel is vanuit die VSA ingevoer deur Cooper, Gill en Tomkins in Kaapstad.  Dit is ‘n eenheidsorrel met drie basisregisters waarvan een register se pype geheel en al uit hout gemaak is. Ds. Loubser het staatgemaak op sy lidmate en kon, na ’n kollekte in September 1948 aankondig dat hulle die orrel teen  £1 200 kan invoer. Ds. Loubser self was ’n kranige musikant en het sedert 1950 die gemeente se nuwe orrel beman. 

 

S J van Zyl, of Meester soos hy bekend was, is later in 1950 as orrelis aangestel. Hy het eers in 1988, net voor sy dood, afgetree.

Die preekstoel en doopbak