Jesus is DIE WEG (en nie “weg”) as ons opdraend loop nie!

Jan 1, 2021

Skriflesing: Lukas‬ ‭23:32-34‬ ‭DB‬‬
“Jesus is nie alleen gekruisig nie. Twee terroriste is ook saam met Hom daar op Golgota, “die Plek van die Kopbeen”, gekruisig. Hulle kruise is aan weerskante van Syne in die grond ingeplant. Daar aan die kruis het Jesus hardop vir God gesê: “My Vader, vergeef hierdie mense. Hulle weet glad nie waarmee hulle nou besig is nie.” Maar die soldate het hulle nie aan Hom gesteur nie. Hulle was te besig om sy klere onder mekaar te verdeel deur lootjies te trek.”
Dink oor:
Het jy ook al weens onreg of kwaadwilligheid op die lewe se opdraend beland? Ongelukkig, in vandag se wêreld, is dit meer die reël as die uitsondering. Dis maklik om teen so ‘n opdraend bitterheid en wraaksug teen die “skuldiges” te vertroetel.
Ons sien in ons teks hoe Jesus hier in die uur van Sy bitterste lyding Homself losmaak van wraak en bitterheid, deur vergifnis uit te spreek. Te midde van die leedvermaak, sweet en suur asems van sy martelaars.
Met vergifnis bevry jy …. JOUSELF! Dit verklaar niemand onskuldig nie, dit neem net die mag van ander oor jou weg, en daarmee saam ‘n groot deel van die pyn van die opdraend.
Bid hierdie GEBED elke uur (stel vir jou ‘n wekker op jou foon) tot vanaand slaaptyd:
Here, dit voel vir my onmoontlik om my “martelaars” te vergewe. Help my Here! Ek wil sien en verstaan wat vergifnis is en dat dit my vrymaak. Heilige Gees, verander my hart. Ek wil die opdraend met mening kan uitstap.
Ds Jan

Related Posts

As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard.
As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard.

“As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard. Met ’n gewone resies is die prys vir die wenner klein, maar in die resies van hierdie lewe is die prys vir die wenner baie groot en dit hou vir altyd. Daarom haal ek alles uit en speel die spel van hierdie lewe so goed...

Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn.
Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn.

Matteus‬ ‭5:16‬ ‭DB‬‬ “Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn. Ander mense moet uit julle woorde en dade sien dat julle God van harte dien. Dan sal hulle sê dat God regtig ’n groot en goeie God is. So word julle hemelse Vader se Naam regtig...

Om te LEEF met OORGAWE
Om te LEEF met OORGAWE

1 Timoteus 6:12 “Toe jy ’n gelowige geword het, was dit nie net maanskyn en rose nie, maar jy het ’n vyand, Satan, gekry om teen te veg. Veg daardie geveg voluit deur naby aan God te bly, want dan sal jy ook vir ewig saam met Hom leef. God het jou geroep om dit te...

Comments

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *