Vandag is weer ’n spesiale vrydag

Jan 1, 2021

Vandag is weer ‘n spesiale Vrydag. Die eerste dag van ‘n splinternuwe kalenderjaar! Alhoewel dit vir die natuur rondom ons net nóg ‘n dag is, dra dit vir ons as mense spesiale betekenis.

Dit gee ons ‘n geleentheid om dinge agter te laat en weer te begin.

My Nuwejaarswens vir elkeen in ons gemeente vind ek in hierdie woorde van Cyprianus, biskop van Karthage, wat in die derde eeu aan sy vriend Donatus geskryf het:

“Dit is ‘n slegte wêreld, Donatus, ‘n ongelooflike slegte wêreld. Maar ek het te midde daarvan stil en heilige mense ontdek wat ‘n groot geheim geleer het. Hulle het ‘n vreugde gevind wat duisend keer beter is as enige van die plesier van ‘n sondige lewe. Hulle word verag en vervolg, maar hulle gee nie om nie. Hulle is meesters van hul siel. Hulle het die wêreld oorwin. Hierdie mense, Donatus, is Christene…. en ek is een van hulle. ”

Ek is ook een van hulle. Ons saam is van hulle wat hierdie groot geheim ontdek het. Mag ons dit nié in 2021 geheim hou nie.

“Die geheim is dit: Christus is vir almal ook vir julle. Op Hom kan julle met vertroue staatmaak. Hy sal vir julle die wonderlike dinge gee wat ’n mens net by God kan kry.” Kolossense‬ ‭1:27‬ ‭DB‬‬

Geseënde en voorspoedige jaar. Ons sien uit daarna om saam met elkeen in hierdie gemeente en gemeenskap te stap!

Related Posts

As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard.
As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard.

“As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard. Met ’n gewone resies is die prys vir die wenner klein, maar in die resies van hierdie lewe is die prys vir die wenner baie groot en dit hou vir altyd. Daarom haal ek alles uit en speel die spel van hierdie lewe so goed...

Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn.
Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn.

Matteus‬ ‭5:16‬ ‭DB‬‬ “Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn. Ander mense moet uit julle woorde en dade sien dat julle God van harte dien. Dan sal hulle sê dat God regtig ’n groot en goeie God is. So word julle hemelse Vader se Naam regtig...

Om te LEEF met OORGAWE
Om te LEEF met OORGAWE

1 Timoteus 6:12 “Toe jy ’n gelowige geword het, was dit nie net maanskyn en rose nie, maar jy het ’n vyand, Satan, gekry om teen te veg. Veg daardie geveg voluit deur naby aan God te bly, want dan sal jy ook vir ewig saam met Hom leef. God het jou geroep om dit te...

Comments

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *