Oor die jare het Clarens Gemeente se identiteit baie sterk rondom Woordbediening ontwikkel. Uit die aard van die saak speel Woordbediening tydens die erediens ‘n deurslaggewende rol. Ons glo egter dat die Woord nie nét deur ‘n preek van ‘n leraar in die erediens aan die orde kom nie, maar ook op verskeie ander maniere. Die liedere wat ons sing, gebede wat ons bid, getuienis wat gedeel word en gesprekke wat ons voer in en rondom die erediens word gebaseer op die Woord van God. Ons kies ook soms om meditatief en nadenkend met die Woord om te gaan. Die deurlopende goue draad in ons gemeente is dat ons altyd soek na Skrifgetrouheid. So het daar ‘n kultuur van Bybelstudie oor die jare ontwikkel, en aanvullend daartoe die aanbieding van die Veritas kursus wat enigeen in staat stel om sinvol met die Woord om te gaan. Op hierdie bladsy is daar dagstukkies, opnames van boodskappe en “Huiskerke” wat oor die afgelope jaar of twee in die bediening gebruik is. Ons wil graag mettertyd ook opnames van boodskappe en Woordbediening hier plaas sodat hierdie blad ‘n lekker rusplek kan word as jy nodig het om by die Woord stil te staan.

BOODSKAPPE

No Results Found

The page you requested could not be found. Try refining your search, or use the navigation above to locate the post.

DAGSTUKKIES

Gemeentefokus

Gemeentefokus

As mense het ons aanbidding, geloof en om ingeskakel te te wees op God se golflengte, desperaat nodig. Ons moet daagliks herinner word dat Hy ons grootste behoefte is. Die “Ons Vader” is vir ons gegee om hierdie behoefte te vervul. Ons Vader... Laat U Koninkryk kom...

Ons Vader

Ons Vader

Jesus het met opset die woorde van die Ons Vader “in ons mond gelê.”Om dit te bid, of hardop of in stilte, is ‘n manier waarop ons help om ons harte in harmonie te bring met wie God regtig is, en wat ons behoeftes regtig is. Die Ons Vader Gee ons vandag ons daaglikse...

Ons Vader

Week van Gebed

Ek nooi jou om hierdie week saam te bid vir ons gemeente en gemeenskap. Ons gaan die “Ons Vader” gebed gebruik as vertrekpunt en daagliks ‘n gedeelte daarvan bid, terwyl ons ook met ons behoeftes en nood voor die Here kom. Wanneer ons tot God nader in gebed word ons...

Vandag is weer ’n spesiale vrydag

Vandag is weer ’n spesiale vrydag

Vandag is weer ‘n spesiale Vrydag. Die eerste dag van ‘n splinternuwe kalenderjaar! Alhoewel dit vir die natuur rondom ons net nóg ‘n dag is, dra dit vir ons as mense spesiale betekenis. Dit gee ons ‘n geleentheid om dinge agter te laat en weer te begin. My...