Om te LEEF met OORGAWE

Jan 18, 2021

1 Timoteus 6:12

Toe jy ’n gelowige geword het, was dit nie net maanskyn en rose nie, maar jy het ’n vyand, Satan, gekry om teen te veg. Veg daardie geveg voluit deur naby aan God te bly, want dan sal jy ook vir ewig saam met Hom leef. God het jou geroep om dit te doen en jy het voor baie mense gesê dat jy dit sal doen. Wat ek nou vir jou sê, is nie net praatjies nie.

Een van die mooiste woorde om Christus se roeping vir ons te beskryf is die woord “floreer.” Ons verstaan ons wêreld as ‘n plek waar ons moet “kompeteer” … beter as iets of iemand wees. Maar dis nie God se plan vir ons nie.

Floreer beteken gewoon net om te wees/word wie God ons geskep het om te wees. Maar om te floreer, vereis die (soms pynlike) pad van groei.

Soms voel dit asof die worsteling van groei ons verhinder om te floreer. Maar as ons die worsteling aangryp gebeur die wonder, dat ons nader tree aan ons Godgegewe self!

Gebed:

Here, help my om die worsteling te kies, sodat ek kan floreer.

Related Posts

As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard.
As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard.

“As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard. Met ’n gewone resies is die prys vir die wenner klein, maar in die resies van hierdie lewe is die prys vir die wenner baie groot en dit hou vir altyd. Daarom haal ek alles uit en speel die spel van hierdie lewe so goed...

Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn.
Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn.

Matteus‬ ‭5:16‬ ‭DB‬‬ “Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn. Ander mense moet uit julle woorde en dade sien dat julle God van harte dien. Dan sal hulle sê dat God regtig ’n groot en goeie God is. So word julle hemelse Vader se Naam regtig...

Gees-draers
Gees-draers

“Die apostels het groot wonderwerke onder hulle gedoen. Al die gelowiges het groot eerbied vir God gehad. Hulle liefde vir Hom en vir mekaar het hulle in ’n hegte eenheid saamgesnoer. Daarom was hulle bereid om selfs hulle besittings met mekaar te deel. Hulle het...

Comments

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *