Jesaja 63:8-9
“Die Here het gesê: Hulle is tog my eie volk. Hulle is my kinders wat My nie sal bedrieg nie. Hy het hulle bevry uit hulle nood. Hy self het hulle verlos. Omdat Hy vir hulle lief was en hulle jammer gekry het, het Hy hulle gered. Hy het hulle nog altyd opgetel en hulle gedra.” (Jesaja 63:8-9 DB)
Hierdie beeldhouwerk van Frederick Raddum is vir my aangrypend. Dit herinner my aan twee dinge. Vandag die eerste.
As jy Jesus volg, lewe die Gees van God in en deur jou. Die opstandingskrag van God word deur die Heilige Gees in ons vrygestel.
Ek wil jou nooi om vandag bewus te wees daarvan dat die Here jou kragtig, maar met liefde en teerheid dra. Wanneer die lewenstorme om jou woed en jy wanhopig raak en wil moed opgee. Sy dra is amper onopsigtelik en onwerklik soos die beeld uitwys, maar dis daar. Veral wanneer ‘n mens wanhopig en oorlaai is. Ook wanneer mens ligvoets loop is dit die Gees wat die veerkrag gee.
Kyk fyn vandag en bly bewus van God se dra-krag!
Gebed
Here, help my om U greep op my raak te sien, en te beleef hoe U my dra.





0 Comments