Psalm 8 – Perspektief – Lees die Psalm rustig deur

Jan 11, 2021

“Here, ons Here, hoe groot is U nie; U word oor die hele aarde geprys! Alles wat U in die hemelruim gemaak het, vertel hoe groot U regtig is. Uit die blou lug klink simfonieklanke wat aan U lof bring. Deur swak en klein mensies word u groot krag hier op aarde uitgebasuin, deur ’n baba wat geluidjies maak of ’n pap babatjie in ’n ma se arms. U groot krag laat almal wat met U probeer baklei gou-gou stil word.

As ek opkyk na alles wat U in die hemelruim gemaak het, al die planete, die maan, melkwegstelsels en miljoene sterre, snak ek na my asem as ek sien hoe piepklein die mens regtig is. Hoekom gee U vir hom om? En tog, hoeveel gee U nie om vir hierdie piepklein mensie nie!

Dink net: U sorg vir hom. Hy is vir U baie belangrik. U het hom so belangrik gemaak dat hy amper soos U is; U behandel hom soos ’n koning; U gee ’n baie hoë posisie aan hom. U wil hê dat die mens oral moet wys hoe groot U is.

Hy is mos u verteenwoordiger. Hy regeer oor die hele aarde. U laat hom soos ’n groot leier oor u handewerk regeer. Hy moet vir alles sorg wat U gemaak het. “Veral die diere is van hom afhanklik – die vee, wilde diere, voëls en visse.”

Here, ons Here, hoe groot is U nie; U word oor die hele aarde geprys!” Psalm‬ ‭8:2-10‬ ‭DB‬‬

Soms help dit om net weer perspektief te kry. Oor hoe astronomies en weergaloos God is. Oor hoe kosbaar en waardevol jy is.

Probeer om hierdie Psalm ten minste 5 keer deur die dag te lees. Laat die Gees toe om deur hierdie Woord jou nuwe fokus en ‘n ander perspektief te gee.

Verwag om verras te word met nuwe oë, nuwe gedagtes en nuwe wilskrag.

Gebed:

Here, verfris en vernuwe my gees dat ek opnuut soos deur die oë van ‘n kind met verwondering na U kan kyk

Related Posts

As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard.
As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard.

“As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard. Met ’n gewone resies is die prys vir die wenner klein, maar in die resies van hierdie lewe is die prys vir die wenner baie groot en dit hou vir altyd. Daarom haal ek alles uit en speel die spel van hierdie lewe so goed...

Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn.
Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn.

Matteus‬ ‭5:16‬ ‭DB‬‬ “Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn. Ander mense moet uit julle woorde en dade sien dat julle God van harte dien. Dan sal hulle sê dat God regtig ’n groot en goeie God is. So word julle hemelse Vader se Naam regtig...

Om te LEEF met OORGAWE
Om te LEEF met OORGAWE

1 Timoteus 6:12 “Toe jy ’n gelowige geword het, was dit nie net maanskyn en rose nie, maar jy het ’n vyand, Satan, gekry om teen te veg. Veg daardie geveg voluit deur naby aan God te bly, want dan sal jy ook vir ewig saam met Hom leef. God het jou geroep om dit te...

Comments

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *