As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard.

Jan 20, 2021

“As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard. Met ’n gewone resies is die prys vir die wenner klein, maar in die resies van hierdie lewe is die prys vir die wenner baie groot en dit hou vir altyd. Daarom haal ek alles uit en speel die spel van hierdie lewe so goed ek kan, om te wen. Ek doen wat nodig is, al vra dit wat ook al van my. Dan vertel ek nie vir ander wat om te doen, maar sak self in die wedloop van die lewe uit nie.”1 Korintiërs‬ ‭9:25-27‬ ‭DB‬‬

GK Chesterton het hierdie opmerking gemaak: “The Christian ideal has not been tried and found wanting; it has been found difficult and left untried.”

Soms is die verskil tussen floreer en krepeer net enkele treë, ‘n uur of drie, ‘n dag of ses, ‘n maand of wat. Wanneer ons Jesus volg is die pad soms moeilik, dalk ingewikkeld en partykeer gewoon ondraaglik.

Die Skrifgedeelte nooi ons om binne reikafstand van Jesus te bly, en net ‘n stukkie langer uit te hou.

Hoor wat sê Psalm 30:5b in “The Message” vertaling: “The nights of crying your eyes out give way to days of laughter.”

Gebed

Here, ek het agter geraak en effe verdwaal. Help my om weer te probeer.

Related Posts

Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn.
Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn.

Matteus‬ ‭5:16‬ ‭DB‬‬ “Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn. Ander mense moet uit julle woorde en dade sien dat julle God van harte dien. Dan sal hulle sê dat God regtig ’n groot en goeie God is. So word julle hemelse Vader se Naam regtig...

Om te LEEF met OORGAWE
Om te LEEF met OORGAWE

1 Timoteus 6:12 “Toe jy ’n gelowige geword het, was dit nie net maanskyn en rose nie, maar jy het ’n vyand, Satan, gekry om teen te veg. Veg daardie geveg voluit deur naby aan God te bly, want dan sal jy ook vir ewig saam met Hom leef. God het jou geroep om dit te...

Gees-draers
Gees-draers

“Die apostels het groot wonderwerke onder hulle gedoen. Al die gelowiges het groot eerbied vir God gehad. Hulle liefde vir Hom en vir mekaar het hulle in ’n hegte eenheid saamgesnoer. Daarom was hulle bereid om selfs hulle besittings met mekaar te deel. Hulle het...

Comments

0 Comments