Matteus 5:16 DB
“Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn. Ander mense moet uit julle woorde en dade sien dat julle God van harte dien. Dan sal hulle sê dat God regtig ’n groot en goeie God is. So word julle hemelse Vader se Naam regtig grootgemaak.”
Om te floreer gebeur nie vanself nie. Dit neem inspanning, energie, volharding en deursettingsvermoë. Soms moet ‘n mens doelbewus kies om pynlike of ongemaklike stukke groei te konfronteer en nie daarvan weg te hardloop of dit te ontken nie.
God nooi ons om aan Hom vas te gryp deur die uitdagende tye. As ons kies om te veg om te floreer, moet ons besef dat ons dit net kan doen met die krag van God se Gees. As ons ons eie onvermoë verstaan en erken, kan ons afhanklik van God wees, en kan Hy deur ons skyn.
“There is a crack in everything,
That’s how the light gets in.”
Leonard Cohen
Gebed
Here, ek wil so graag floreer, maar ek deins terug vir wat dit van my vra. Help my om oor te gee aan U, sodat ek kan veg, en floreer.





0 Comments