1 Timoteus 6:12
“Toe jy ’n gelowige geword het, was dit nie net maanskyn en rose nie, maar jy het ’n vyand, Satan, gekry om teen te veg. Veg daardie geveg voluit deur naby aan God te bly, want dan sal jy ook vir ewig saam met Hom leef. God het jou geroep om dit te doen en jy het voor baie mense gesê dat jy dit sal doen. Wat ek nou vir jou sê, is nie net praatjies nie.”
Een van die mooiste woorde om Christus se roeping vir ons te beskryf is die woord “floreer.” Ons verstaan ons wêreld as ‘n plek waar ons moet “kompeteer” … beter as iets of iemand wees. Maar dis nie God se plan vir ons nie.
Floreer beteken gewoon net om te wees/word wie God ons geskep het om te wees. Maar om te floreer, vereis die (soms pynlike) pad van groei.
Soms voel dit asof die worsteling van groei ons verhinder om te floreer. Maar as ons die worsteling aangryp gebeur die wonder, dat ons nader tree aan ons Godgegewe self!
Gebed:
Here, help my om die worsteling te kies, sodat ek kan floreer.





0 Comments