“en vergeef ons ons oortredings (gister) … soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;
Here, ek vergewe hulle wat my beledig het en teen my gesondig het, want U vergewe my wavrag sonde.
Ek vergewe dié wat my seergemaak het en teen my gedraai het – ek gee my bitterheid, wrokke en woede teenoor hulle aan U oor.
Ek laat staan my onvergewensgesindheid en vertrou dat U self met hulle sal deel.
Lei ons nie in versoeking nie.
Here, voorkom dat ek mislei word deur versoeking se vals beloftes.
Help my om versoeking te oorkom deur aan U beloftes van ware lewe in Christus vas te hou.
U beloftes is altyd meer bevredigend as die valse beloftes van sonde.
HELP my om te glo dat U wil ALTYD my volheid van lewe gee.
Ons Gemeente
Here, ons bid dat ons gemeente al hoe meer vir ons gemeenskap en sy mense sal lief word.
Dat ons die mense van ons gemeenskap sal dien en liefhê.
Dat ons armes, weerbarstiges, ongeërgdes, vyandiges en verbitterdes sal omhels as U geliefdes en ons naaste.
Ons bid vir ‘n hart vir U wêreld se nood, en nie net ons eie behoeftes nie.
Ons bid dat ons gemeenskap ons sal ken as mense by wie God se liefde te vinde is.
Ag Here, help ons om van onsself te vergeet, en u en ons naaste raak te sien.
“Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie ‘n wagter het nie. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.” (MATT 9:36, 38 AFR83)
Amen





0 Comments