Krugergedenksaal
Die Kruger gedenksaal is in 1923 deur die Oranje Vroue Vereniging gebou en na baie jare se onderhandelinge in 1950 aan die NG Kerk Clarens geskenk. Daarna het die kerkraad die restaurant (kleinsaal) en kombuis aangebou en die saal gemoderniseer. Die ingangsportaal is omskep in ‘n kerkkantoor en in 2017 is ‘n stoorarea aangebou. In November 1980 gee die kerkraad toestemming dat die saal gebruik mag word in tye van nood.