MANNEBEDIENING
Clarens Geloofsfamilie wil graag ‘n geestelike tuiste wees vir enigeen. Soms word ons manne egter juis afgeskeep met tipiese “kerk” aktiwteite, gewoon maar net omdat ons nie genoeg aandag gee aan manne se “binneste” nie. Ons mans se gawes en vaardighede word baie dikwels ingespan vir “doendinge” en die unieke behoeftes en eise van manwees in die tyd waarin ons leef word ongelukkig nie raakgesien nie.
Ons mannebediening wil juis dié plek wees waar manwees in Christus aandag kry. Waar manne met mekaar praat en na mekaar luister. Waar manne mekaar bedien, bemoedig en, ja, soms vertroos. Waar daar ewe uitbundig gelag en gehuil kan word. Waar manne saam die wil van die Here soek en elke nou en dan die avontuurstewels aantrek om saam op onverkende paaie te gaan.