Jesus het met opset die woorde van die Ons Vader “in ons mond gelê.”Om dit te bid, of hardop of in stilte, is ‘n manier waarop ons help om ons harte in harmonie te bring met wie God regtig is, en wat ons behoeftes regtig is.
Die Ons Vader
Gee ons vandag ons daaglikse brood
Voorsien vandag in wat ek vandag nodig het Here en vir môre wat ek vir môre nodig het.
Ek vertrou dat alles wat U voorsien ook is wat ek nodig het.
Vul my eers met U lewende brood uit die Hemel, om die honger in my siel te stil.
Vergewe ons ons sondes
(Jesus aanvaar dat ons vergifnis nodig het elke keer as ons bid. Deur ons hierdie gebed te gee bevestig Hy dat God sondaars se gebed verhoor.
Soms kan ons verlam raak in ons gebedslewe omdat ons as gevolg van skuldgevoelens bang is om God te nader. Maar ons elkeen bly altyd sondaars, gered deur die genade van God. God hóór juis die gebed van die tollenaar… wees my arme sondaar genadig!)
Vergewe my
– vir al die kere en maniere wat ek van U en U wil weggedraai het.
– Die kere wat ek U nie vertrou het nie.
– Elke keer wat ek u beledig en gegrief het
– Die kere wat ek U wysheid, liefde, goedheid en beste planne vir my lewe verwerp het.
Ons gemeente
Bid vandag vir jouself en ons mense.
Dat ons elkeen in hierdie uitdagende tyd ‘n brandende begeerte na God sal ontwikkel.
Dat ons ander se seer, swaar en sukkel sal raaksien en God genoeg sal vertrou om ‘n hand uit te steek of ‘n ent saam te stap.
Dat ons mense Jesus sal volg te midde van ‘n ongeërgde wêreld.
Dat Johannes 3:30 van ons sal waar word: ““Hy (Jesus) moet al hoe meer in die kalklig staan terwyl ek stadigaan van die toneel moet verdwyn. So moet en sal dit wees!” Johannes 3:30 DB





0 Comments