Jan 5, 2021

As mense het ons aanbidding, geloof en om ingeskakel te te wees op God se golflengte, desperaat nodig. Ons moet daagliks herinner word dat Hy ons grootste behoefte is. Die “Ons Vader” is vir ons gegee om hierdie behoefte te vervul.

Ons Vader…

Laat U Koninkryk kom

Here, U koninkryk is die vrede, die “shalôm, wat my hart na verlang.
Ek wil leef met die koms van U koninkryk as my grootste hartsbegeerte. (Matt 13:44-45)
Ek verlang daarna, kom Here Jesus!(Open 22:20)
Mag U vrederyk meer en meer sigbaar word in my hart, my begeertes en my lewe!

Laat U wil geskied, op aarde net soos in die hemel.

Here ek bestaan deur en vir U wil (Open 4:11; Rom 11:36)
Net IN U WIL is daar ware lewe en vervulling te vinde. 
U wil is my beste wil en my vreugde vir altyd.
Net in U wil kan ek waarlik bly én vry wees.
Soos Jesus gebid het Here, nie my wil nie, maar laat U wil geskied! (Luk 22:42)

Ons Gemeente….

– Here ons bid dat ons as gemeente ‘n instrument sal wees wat U koninkryk op aarde sal laat kom.
– Here, ons wil onsself onderwerp aan U wil en sigbaar U eil uitleef.
– Ons bid dat onsself en ons gemeentelede vandag sout en lig sal wees wat ander se lewens smaak en lig sal gee.
– Ons bid vir ons bediningsleiers Here. Dat U hul passie brandend sal hou in hierdie tyd wat ons ingeperk word deur regulasies.
– Here, ons bid dat ons gemeenskap al meer soos U Koninkryk sal lyk, omdat ons dit hier leef

Amen

Related Posts

As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard.
As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard.

“As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard. Met ’n gewone resies is die prys vir die wenner klein, maar in die resies van hierdie lewe is die prys vir die wenner baie groot en dit hou vir altyd. Daarom haal ek alles uit en speel die spel van hierdie lewe so goed...

Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn.
Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn.

Matteus‬ ‭5:16‬ ‭DB‬‬ “Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn. Ander mense moet uit julle woorde en dade sien dat julle God van harte dien. Dan sal hulle sê dat God regtig ’n groot en goeie God is. So word julle hemelse Vader se Naam regtig...

Om te LEEF met OORGAWE
Om te LEEF met OORGAWE

1 Timoteus 6:12 “Toe jy ’n gelowige geword het, was dit nie net maanskyn en rose nie, maar jy het ’n vyand, Satan, gekry om teen te veg. Veg daardie geveg voluit deur naby aan God te bly, want dan sal jy ook vir ewig saam met Hom leef. God het jou geroep om dit te...

Comments

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *