Week van Gebed

Jan 4, 2021

Ek nooi jou om hierdie week saam te bid vir ons gemeente en gemeenskap. Ons gaan die “Ons Vader” gebed gebruik as vertrekpunt en daagliks ‘n gedeelte daarvan bid, terwyl ons ook met ons behoeftes en nood voor die Here kom. Wanneer ons tot God nader in gebed word ons diep aangeraak en ons geloof aangevuur. Onderneem om elke dag tyd hieraan af te staan. Gebruik die woorde en Skrifgedeeltes as jou gebed.

“Ons Vader”

Ons Vader wat in die hemel is…

– U is my Pa, ek is ‘n kind van God
– U is my Skepper, U het my liefdevol aanmekaar geweef in my ma se baarmoeder (Ps 139:13)
– Ek bestaan omdat U my geskep het en bedoel het dat ek moet bestaan. (Psalm 139:16, Open 4:11)
– Ek bestaan deur U en vir U (Rom 11:36)
– U is intiem vertroud met elke detail van my lewe (Matt 10:29-31, Luk 12:7)
– U is my Vader wat altyd by my is (Ps 23:4, Ps 118:6-7)
– U is “ons” Vader, so al my geloofs broers en susters is kosbaar in u oë.

Laat U naam geheilig word.

– Ek bid dat U naam geëer en verheerlik sal word deur my en ander se lewe.
– Mag U naam in my hart, siel en gedagtes verhef en verhoog word. (Jes 57:15)
– Ek bid dat ek U naam kosbaar sal vind, dit met liefde en eer op my lippe sal neem.
– Ek bid dat my lewe lof aan U sal bring deur my woorde, my verhoudings, my werk en daaglikse lewenswyse

Ons Gemeente

– Here ons bid dat U ons gemeente sal bly bewaar en saambind in hierdie gedwonge tyd van skeiding
– Ek bid dat ons leiers U stem sal hoor en U gehoorsaam sal volg.
– Ek bid vir vrymoedigheid om my idees en inspirasie te deel met ons leiers en so saam seker te maak dat ons U volg.
– Ek bid vir almal wie se verhouding met U in die grendeltyd “afgekoel” het, ook myself. Nuwe vuur en passie vir U Here!
– Ek dank U vir u versorging te midde van uitdagende tye. Ons bid steeds vir oop hande en harte.

Amen

Related Posts

As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard.
As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard.

“As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard. Met ’n gewone resies is die prys vir die wenner klein, maar in die resies van hierdie lewe is die prys vir die wenner baie groot en dit hou vir altyd. Daarom haal ek alles uit en speel die spel van hierdie lewe so goed...

Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn.
Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn.

Matteus‬ ‭5:16‬ ‭DB‬‬ “Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn. Ander mense moet uit julle woorde en dade sien dat julle God van harte dien. Dan sal hulle sê dat God regtig ’n groot en goeie God is. So word julle hemelse Vader se Naam regtig...

Om te LEEF met OORGAWE
Om te LEEF met OORGAWE

1 Timoteus 6:12 “Toe jy ’n gelowige geword het, was dit nie net maanskyn en rose nie, maar jy het ’n vyand, Satan, gekry om teen te veg. Veg daardie geveg voluit deur naby aan God te bly, want dan sal jy ook vir ewig saam met Hom leef. God het jou geroep om dit te...

Comments

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *