Aanbidding, geloof

Jan 9, 2021

As mense het ons aanbidding, geloof en om ingeskakel te te wees op God se golflengte, desperaat nodig. Ons moet daagliks herinner word dat Hy ons grootste behoefte is. Die “Ons Vader” is vir ons gegee om hierdie behoefte te vervul.

Ons Vader…

Laat U Koninkryk kom

Here, U koninkryk is die vrede, die “shalôm, wat my hart na verlang.
Ek wil leef met die koms van U koninkryk as my grootste hartsbegeerte. (Matt 13:44-45)
Ek verlang daarna, kom Here Jesus!(Open 22:20)
Mag U vrederyk meer en meer sigbaar word in my hart, my begeertes en my lewe!

Laat U wil geskied, op aarde net soos in die hemel.

Here ek bestaan deur en vir U wil (Open 4:11; Rom 11:36)
Net IN U WIL is daar ware lewe en vervulling te vinde. 
U wil is my beste wil en my vreugde vir altyd.
Net in U wil kan ek waarlik bly én vry wees.
Soos Jesus gebid het Here, nie my wil nie, maar laat U wil geskied! (Luk 22:42)

Ons Gemeente….

– Here ons bid dat ons as gemeente ‘n instrument sal wees wat U koninkryk op aarde sal laat kom.
– Here, ons wil onsself onderwerp aan U wil en sigbaar U eil uitleef.
– Ons bid dat onsself en ons gemeentelede vandag sout en lig sal wees wat ander se lewens smaak en lig sal gee.
– Ons bid vir ons bediningsleiers Here. Dat U hul passie brandend sal hou in hierdie tyd wat ons ingeperk word deur regulasies.
– Here, ons bid dat ons gemeenskap al meer soos U Koninkryk sal lyk, omdat ons dit hier leef

Amen

Related Posts

Gees-draers
Gees-draers

“Die apostels het groot wonderwerke onder hulle gedoen. Al die gelowiges het groot eerbied vir God gehad. Hulle liefde vir Hom en vir mekaar het hulle in ’n hegte eenheid saamgesnoer. Daarom was hulle bereid om selfs hulle besittings met mekaar te deel. Hulle het...

Gees-gedra
Gees-gedra

Jesaja 63:8-9 “Die Here het gesê: Hulle is tog my eie volk. Hulle is my kinders wat My nie sal bedrieg nie. Hy het hulle bevry uit hulle nood. Hy self het hulle verlos. Omdat Hy vir hulle lief was en hulle jammer gekry het, het Hy hulle gered. Hy het hulle nog altyd...

Psalm 8 – Perspektief – Lees die Psalm rustig deur
Psalm 8 – Perspektief – Lees die Psalm rustig deur

“Here, ons Here, hoe groot is U nie; U word oor die hele aarde geprys! Alles wat U in die hemelruim gemaak het, vertel hoe groot U regtig is. Uit die blou lug klink simfonieklanke wat aan U lof bring. Deur swak en klein mensies word u groot krag hier op aarde...

Comments

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *